Lynelle Kenned, ‘n gegradueerde van die UCT Operaskool, is ‘n Multidissiplinêre Uitvoerende Kunstenaar, TV-aanbieder, en Media Persoonlikheid. 

Haar lys van toekennings sluit in die 2023 Fiësta vir Beste Klassieke Uitvoering, die Kunste Onbeperk JONG STEM 2019, ‘n 2018 Naledi-toekenning, sowel as ‘n Fleur du Cap-toekenning in 2016. 

Stefan Lombard, ook ’n UCT alumnis,  is ‘n klassieke en crossover pianis, dirigent, musiekregisseur en verwerker, en het verskeie internasionale toere van Musiekproduksies agter die rug. Hy het ’n Naledi toekenning ontvang vir die Fugard teaterproduksie van die Rocky Horror Show.

Lynelle en Stefan het reeds hulself gevestig as gunstelinge onder plaaslike gehore.
Hul samewerking het in 2014 begin met die VK-toer van Kaapstad Opera se Showboat.
Daarna het hulle saamgewerk aan verskeie produksies, insluitend David Kramer se Orpheus in Africa, Valentines under the Stars, Divas Unite, en die Kaapstad Filharmoniese Gemeenskap-Gala konserte.
Hul diverse repertoire is geskik vir ‘n verskeidenheid musikale geleenthede – van intieme byeenkomste in private wonings tot groot fondsinsamelings en weelderige konserte onder die sterre in eksotiese plekke soos die Namib-woestyn en die plaaslike Hillcrest-steengroef.
Hul musikale aanbiedinge is geniet op ikoniese bestemmings, soos die Casa Labia in Muizenberg en die Klein Karoo Klassique in Oudtshoorn, tot so ver as die ondergrondse grotte van die Guray Keramiekmuseum in pragskone Kappadokië in Turkye. 
TV optredes sluit in KYKNET uitsendings van die KFO, en meer onlangs Johan Stemmet se reeks Ín die kollig met … 

By Die Boer restaurant teater in Durbanville op Sondag 22 Okt om 14:00. (Deure open 12:00 vir middagete)

Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lynelle Kenned en Stefan Lombard
Lynelle Kenned en Stefan Lombard

Lewer kommentaar

Leave a Reply