Meer as ‘n dekade gelede het Casper Stone & Ruan Xen weergawes van bekende liedjies by kroeë, troues en funksies gespeel vir ekstra inkomste. By een van die optredes het Xen vir Stone ‘n rowwe weergawe van ‘n nuwe lied, “Mis Jou Nie”, wat hy geskryf het, gespeel. Die liedjie het Stone dadelik diep getref en hy het geweet dat dit iets spesiaal is. Hy het aan homself en Xen ‘n belofte gemaak dat “Mis Jou Nie” eendag die volle produksie en blootstelling sal kry wat dit verdien. Tien jaar later en die belofte het tot vervulling gekom.

Ruan Xen vertel meer oor die tema van “Mis Jou Nie”: “Ons is geneig om oor die algemeen te fokus op die pyn na ‘n break-up, maar wat soms meer uitstaan is die verligting, en dan ook die bittersoet oomblik wanneer mens besef dat die ervaring nie doelloos en leeg was nie, maar wel ‘n deel uitmaak van die pad van beide partye se lewe. Ek wou met hierdie liedjie die lig daarop skyn. Stone voeg by: “In plaas van om dit onder die mat in stoot, wou ons ‘n erkenning gee aan die ervaringe en die lesse wat geleer is van mens self deur die refleksie van ‘n ander. Spyt hoef nie regtig ‘n faktor kan wees in die groter prentjie nie.”

Die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” is ‘n reis deur die gedagtes van iemand wat sopas deur hierdie ondervinding is. Stone en Xen wou ‘n gevoel skep waar ‘n mens deur die simboliese, `n dieper begrip kan hê oor die kern- boodskap van die liedjie. Die musiek -video was geskiet in Midrand en was verfilm deur Heinz Boesenberg. Die regie was behartig Reinhard Engelbrecht.

Mis jou nie

“Mis Jou Nie” verskyn op Casper Stone se debuut-solo EP Raw Reflections wat in Mei vanjaar uitgereik is. Die liedjies op die EP handel oor die intrinsieke aard van passies; begeertes; obsessies en romantiese verhoudings. Dit flirt met lig en skaduwee en skyn die lig op Stone se onvergeetlike ontmoetings van liefde en teleurstellings. “Mis Jou Nie” is die enigste Afrikaanse liedjie op Raw Reflections. Stone verduidelik: “Aangesien die EP ‘n terugkeer is na my innerlike stem en na my wortels, was dit vir my belangrik om ook `n liedjie in my moedertaal in te sluit. Ek het gedink dit was nou uiteindelik die ideale geleentheid om “Mis Jou Nie” op te neem. Stone se enkelsnit “Freak”, vanaf die EP, geniet tans speeltyd op verskeie radiostasies.

Freak

Casper Stone is ook ‘n praktiserende sielkundige. Hy het gedurende sy hoërskooljare kitaar en saksofoon begin speel en het die afgelope twee dekades as deel van verskeie musiekgroepe opgetree. Hy is onder andere bekend as een helfte van Stones & Bones, ‘n afro soul house duo wat in 2020 groot sukses op SA radio behaal het met twee snitte van hul EP In the Name of Love.

Ruan Xen het oor die jare met verskeie kunstenaars onder andere Karen Zoid, Southern Gyspy Queens en Lonehill Estate saamgewerk. In 2007 het hy MTN City Awards se “Beste Nuwe Kunstenaar” toekenning gewen. Hy gee ook tans musiek-lesse in Johannesburg.

Stroom “Mis Jou Nie” en die res van die liedjies op Raw Reflections hier: li.sten.to/CasperStone

Lewer kommentaar

Leave a Reply