Moenie wag tot dit te laat is nie

Na twee swaar jare vir die musiekbedryf as gevolg van die pandemie, kan musikante uiteindelik ’n bietjie asemhaal en Christiaan Baartman vier dit met die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit – Moenie wag tot dit te laat is nie.

“Na twee jaar van swaarkry, voel ek dat dit nou die tyd is om jou passie aan te gryp en regtig te leef. So baie van ons oorleef net elke dag in ’n wêreld vol kompromieë en dis nie hoe dit moet wees nie,” verduidelik die gesoute musikant. “Ons is gemaak om voluit te leef al maak ons nie noodwendig baie geld nie. Geld kan immers nie geluk koop nie. Dit gaan daaroor om gelukkig te wees en jou lewensdoel te bereik.”

“Ek glo almal sal by die liedjie aanklank vind. Niemand van ons is perfek nie en daar is altyd iets wat ons van ons ware roeping weerhou. Die eerste stap is om te erken dat jy vir iets beter bestem is. Hierdie lied is vir my ’n bakenlig en sal hopelik ander motiveer om hulle potensiaal uit te leef.”

Moenie wag tot dit te laat is nie

“Moenie wag tot dit te laat is nie“ volg in die voetspore van “Net ’n Bietjie” en “Stof.

Gedurende inperking, het hy ook snitte soos “’n Vriend Soos Jy”, “My Vrou” en “Die Beste Deel” uitgebring.

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik. Die sanger glo dat die toekoms vir hom nog baie hoogtepunte inhou en hy is tans besig om saam met Mack Rapapali en Scheppel (die violis) te werk aan ’n gospelliedjie wat hy in die nabye toekoms

wil vrystel. Buiten vir ’n paar ander liedjies, kortspeelplaat en kinderalbum wat reeds in die pyplyn is, beplan hy en Mack ook om deur die land te toer ten bate van die nie-winsgewende organisasie Step by Step.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/moenie-wag-tot-dit-te-laat-is-nie

Moenie wag tot dit te laat is nie – Christiaan Baartman

Lewer kommentaar

Leave a Reply