Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
SkallaBrak is ‘n Afrikaanse rockgroep wat sedert Januarie 2002 musiek maak. Die groep bestaan uit vier lede, nl Brakwater (vokale, akoestiese kitaar en mondfluitjie), Jah-Mari (vokale, elektriese kitaar, mondfluitjie en trekklavier), Rooivalk (tromme) en Berserker (baskitaar).
Met hulle oorspronklike musiek, wat deur Brakwater en Jah-Mari geskryf word, poog hulle om voortdurend met ‘n liberale, kreatiewe en humoristiese dog konsidererende oog na hulle werk te kyk. Dit word ook weerspieël in hulle lirieke.
SkallaBrak het reeds twee CD´s die lig laat sien. Die eerste, genaamd Morsig, bevat ses snitte en ‘n versteekte opname. Die nuutste, Musiek vir my Spaceship, bevat sestien snitte en is by uitgesoekte musiekwinkels beskikbaar.

Ek het as kind na Musiek vir my Spaceship geluister. Kan enige iemand my laat weet waar ek weer die CD of musiek kan kry.