deur Haydee Hollander
Van 6-9 Mei 2004, vind ‘n Klavierfees met uitvoerings, besprekings en konserte in Eilat plaas. Die fees dien as huldeblyk aan klaviermeester en pianis, Arthur Rubenstein.
“Above all pianists – indeed, above virtually any musician of the last fifty years – Arthur Rubinstein represented in both his life and his music-making a unique joie de vivre. That alone would set him apart in this serious musical age, where there is a high degree of skill but very little charm or poetry.” Aldus ‘n resensent oor die beminde en geliefde Arthur Rubinstein.
Arthur Rubenstein was onbeskryflik lief vir die klavier en musiek en met ‘n buitengewoon sjarmante verhoogpersoonlikheid. Maar ten spyte van sy geflikflooi met die gehoor, was Rubenstein ‘n uitsonderlike musikant en tegnikus en kon hy ‘n grootse sonore klank uit die klavier teweegbring. Sy vingers was in totale beheer, ongeag die stuk. Rubenstein was ‘n waaghalsige pianis en het kanse gevat. Om af en toe ‘n paar note mis te vat, was nie vir hom so belangrik as om die uitvoering van ‘n komposisies te geniet nie. Hy was een met sy instrument, hulle was ‘gemaak’ vir mekaar. Gebore in 1887 en van Poolse afkoms, moes hy na regte in ‘n Romantiese Pianis ontwikkel het. Vir die romantici was klank opsigself esteties en die Rubenstein-klank is tot vandag ongeëwenaar, maar Rubenstein het slegs elemente uit die Romantiese Tydperk geleen om sy klank te vervolmaak. Intellektueel was hy sy tyd ver vooruit.
Miskien is die kenmerkendste eienskap van Rubenstein sy ongekompliseerde benadering tot klavierspel. Hy is sekerlik die mees onneorotiese pianis van alle tye. Elke stuk is so natuurlik moontlik op ‘n ekstroverte en logiese manier tot uitvoer gebring.
Soek nog vir opnames van sy Tchaikovsky Konsert, die Chopin Scherzos en ander werke van Chopin. Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog het Rubenstein skielik groot aanhang as konsertpianis geniet, meer as die buierige Vladimir Horowitz wat bekend was om sy lang afwesige periodes (die laaste een het twaalf jaar geduur.) Rubinstein het tot met sy dood aanhou speel en hoewel hy belangstelling in een of meer jonger pianiste getoon het, was hy nooit aangetrokke tot die onderwys nie. Hy is in 1983 oorlede.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
