Leuenverklikker: ‘n Swart Komedie

Egbert Nimmerman (Craig Morris), ‘n klerk met ‘n geheue soos ‘n sif, verdwaal in ‘n doolhof van amptenary wanneer sy lewe deur Opperman, ‘n sinistere burokraat (André Roothman), en sy jong assistent, Liefie (Sorina Erasmus), uitgepluis en omgedop word.

Leuenverklikker is ‘n galgekomedie met elemente van fisieke teater, slapstick en absurde teater, wat handel oor die staat se definisie van die individu, rompslomp, eindelose stowwerige papierwerk en die verlies aan identiteit.

Tobie Cronjé is ‘n kenner van formaat van die komedie-genre. Schalk Schoombie was ‘n finalis vir die Nagtegaal-prys met Gesplete tong en Wetter, terwyl Craig Morris ‘n fisieke komediant is wat verlede jaar in Andrew Buckland se solostuk Hero opslae gemaak het.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar