Nomfusi in Obz

Die nuwe Afro-soul ster, Nomfusi, en haar band The Lucky Charms tree in Februarie op by die Obz Café in Observatory in Kaapstad.

Die publiek sal vir die eerste keer liedjies van haar debuutalbum, Kwazibani/Who knows? kan hoor. Nomfusi se musiek is ‘n mengsel van tradisionele Afrika-musiek, Amerikaanse gospel, rock, R&B en hier en daar herinner dit aan die eerste Motown klanke. Die eerste indruk is Miriam Makeba met ‘n streep van Tina Turner.

Besoek ons Musiekdagboek vir meer besonderhede.

Nomfusi

Nomfusi

(foto Anita van Zyl)

Lewer kommentaar

Leave a Reply