Lil’ Kim toon bietjie meer verstand en ambisie met haar nuwe CD, Notorious K.I.M..
Daar is egter baie min ewewig te bespeur by die musiek, iets wat nodig is om aan te pas by haar opdringerige persoonlikheid. Alhoewel die musiek veel te wense oorlaat sal die CD, met ‘n hele 78 minute van musiek, darem ‘n treffer of twee oplewer.
Bietjie lank in die tand en die meisie het nog baie om te leer.
5 op ‘n skaal van 10.
