Die dorp Clanwilliam in die Cederberg is een van die tien oudste dorpe in Suid-Afrika. Die area het ’n ryk geskiedenis, met Afrika se eerste mense, die San en die Khoi, wat hier gewoon het.

Die San en Khoi se kuns word steeds in die Cederberg bewaar. Die rotskuns in die area dateer tot sovêr as 8 000 jaar terug en so onlangs soos 100 jaar.

Dan is daar ook die grootste bydraer tot die plaaslike ekonomie, rooibos. Die welige groei van rooibos steun deesdae op die Clanwilliam-dam, wat ook ’n lokvink is vir natuurliefhebbers, blomkykers, watersport entoesiaste en hengelaars. In 2004 het die Cederberg-wildernis die status verkry van Wêrelderfenisgebied as deel van die Kaapse Flora streek.

Van 26 tot 29 April vier die area hul erfenis met die vierde Oh Dam Cederberg Musiekfees by die Clanwilliam-dam.

Die maak oop op Donderdag 26 April om 14h00. Die program is soos volg:

  • Donderdag 26 April, vanaf 19h00 – N2, Salome, Uncle Cal
  • Vrydag 27 April, vanaf 17h30 – Winston Siljeur, Jarrad, Heart & Soul, DJ Rory
  • Saterdag 28 April, vanaf 17h30 – Signature SA, Fancy Galada, Emo Adams, Selwyn Bartlett
  • Sondag 29 April, vanaf 17h00 – Miles Entertainment, Karin Kortje, Jeodhouse, Uncle Curator ad litem

Kampplekke wissel in prys vanaf R4 200 met elektrisiteit tot R3 600 vir ‘n staanplek sonder water en geen elektrisiteit nie en die prys sluit die fees in. Elke staanplek kan maksimum 6 gaste en 2 motors akkommodeer.

Die Naweekpas, Vrydag tot Sondag, uitgesluit akkommodasie is: Volwassenes R200 per persoon; 12 tot 18 jaar R100 per persoon en kinders onder 12 (vergesel van ’n volwassene) is gratis.

Vir alle inligting, besprekings vir kampeerplekke en die aankoop van naweekpas, kontak Camissa Solutions by 021 591 5298 of camissasolutions2@outlook.com

Jeodhouse
Jeodhouse

Lewer kommentaar

Leave a Reply