Onner Afrika Son

In ‘n omgewing waar bands gedwing word om populêre covers te doen ten koste van hul eie kreatiwiteit, slaag Tribal Echo daarin om “nuwe” liedjies met groot sukses aan gehore bekend te stel.

Die groep het tydens die die afgelope KKNK, hul vertoning Onner Afrika Son met groot welslae opgevoer en die gehore aan hul voete gehad.

Onner Afrika Son is ‘n op-en-wakker musikale en liriese reis van stories van die menslike karakter. Die orkes slaag daarin om die gehoor op ‘n kleurvolle musikale reis te neem met universele stories wat die hartsnare roer, die voete laat saamdans, die gesig ophelder en die verbeelding aangryp.

“Eklektiek Afrikaans”, “Fusion”, “Folk-Soul”, “Rock-Hop” en “Afrifunk”. Dit is
hoe Tribal Echo se musiek al deur gehore en Afrikaanse musiekliefhebbers beskryf is. In hul eie woorde: “Ons is gemaklik met watter genre mense ookal ons musiek vergelyk omdat ons bewus is daarvan dat ons nie noodwendig op een spesifieke genre fokus nie. Dit is maar ‘n natuurlike uitvloeisel van al die musiek wat ons as groep geïnspireer het deur die jare. Ons dink tog dat die grootste element in ons musiek die Suid-Afrikaanse Roots-klank is.”

Die groep bestaan uit Frazer Barry (Voorsanger / Kitaar), Niel Visser (Saxofoon), Earl Witbooi (Baskitaar), Sandy Gertse (Sang en Dans) en Deniel Barry (Tromme).

Die groep is op 1 Junie 2011 by Die Boer in Durbanville. Bespreek by 021 979 1911 / 083 406 0111 . Kaartjies kos R50.

Tribal Echo
Tribal Echo

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply