In die eerste week van Mei sal die vriendelike dorpie Prince Albert in die Karoo lewendig word met die klanke van ’n eerste, dog wêreldklas, jazzfees genaamd Journey to Jazz.
Sleutelwoord Argiewe:Tribal Echo
Tien jaar later – die ATKV-Oesfees
Ons was laas by Solms-Delta se Oesfees met die eerste fees, 10 jaar gelede. Sedertdien het hierdie fees ontluik as een van die beste multikulturele ervarings in Suid-Afrika.
ATKV-Oesfees, Solms-Delta, Franschhoek – Saterdag 25 Maart 2017
Die ATKV-Oesfees op die lieflike plaas Solms-Delta, naby Franschhoek, is vanjaar tien jaar oud. Die plaaswerkers en eienaars kom elke jaar op hierdie dag bymekaar om die wynoes saam met duisende ander musiek-, kos- en kultuurliefhebbers te vier.
#TuinVanDigters Tribal Echo
Tribal Echo met hulle vars musikale styl wat hul Klip Kop Rock noem, is een van die energiekste musiekgroepe in die land.
Tribal Echo
Tribal Echo neem jou op ‘n nostalgiese musikale reis met aansteeklike ritmes, wonderlike stories, musikale vaardigheid en saamsing melodieë.
Onner Afrika Son
Onner Afrika Son is ‘n op-en-wakker musikale en liriese reis van stories van die menslike karakter.