ATKV-Oesfees, Solms-Delta, Franschhoek – Saterdag 25 Maart 2017

Die ATKV-Oesfees op die lieflike plaas Solms-Delta, naby Franschhoek, is vanjaar tien jaar oud. Die plaaswerkers en eienaars kom elke jaar op hierdie dag bymekaar om die wynoes saam met duisende ander musiek-, kos- en kultuurliefhebbers te vier.

Bymekaarkomplek vir die kunste

Die program vir die sewentiende Absa KKNK bewys dat dié fees jaarliks vernuwe, ‘n wye verskeidenheid ervarings bied en ‘n leidende rol speel in die ontwikkeling van nuwe werk vir die verhoog.