Kalahari Karoo Blues is David Kramer se eksklusiewe konsert vir Kaapstad.
Musiekstyle uit die Kalahari, Hardeveld en Klein Karoo, oud en ongewoon, vloei uit Oteng Piet se segaba, Ronnie Moipolai se onderstebo kitaar en Hannes Coetzee se teelepel. Kramer se rol op die verhoog is om dinge in konteks te stel.
Kalahari Karoo Blues is by die Baxter, Rondebosch, Kaapstad van vandag af tot 19 Januarie.
Kaartjies wissel van R110 tot R160.
