David R Ellis, regisseur van die rolprent Snakes on a Plane, is in die ouderdom van 60 dood in ‘n hotelkamer in Johannesburg gevind.
Ellis was in die stad om te werk aan Kite, ‘n nuwe weergawe van ‘n Japanse animasierolprent van 1998, waarin Samuel L Jackson die hoofrol vertolk.
Die oorsaak van Ellis se dood is nog nie bekend nie.
Ellis was ook die regisseur van rolprente soos Shark Night 3D, The Final Destination, Cellular en Asylum.
Hy word oorleef deur sy vrou en drie kinders.
