Ons was laas by Solms-Delta se Oesfees met die eerste fees, 10 jaar gelede. Sedertdien het hierdie fees ontluik as een van die beste multikulturele ervarings in Suid-Afrika.

Elke kerkbasaar of sokkie misbruik deesdae die woord fees in hulle naam, maar die Oesfees is ’n rare ware jakob. Mark Solms het destyds eienaarskap in die plaas gedeel met die werkers. In 2008 het hulle vir die eerste keer hulle oes gevier saam met die publiek. Hiervandaan het dit uitgebrei na wat die mense van die omgewing en die land deel in terme taal, kultuur, musiek en kos; alles saam met Solms-Delta se wyn.

Wat maak die fees so uitsonderlik, buiten die waterblommetjiebredie, braaivleis, afval, bobotie, pizza cones en koeksisters? Die line-up. Een van die beste musiekprogramme wat jy in Suid-Afrika kon beleef vanjaar. Dit het gewissel van ongekunstelde plaaslike musikante en rieldansers tot Grammy-wenners Ladysmith Black Mambazo. Adriaan Brand (Springbok Nude Girls) se voortreflike werk in die Music van de Caab-projek het die Delta-Soetstemme en die Langbroek Band een van die hoogtepunte op die program gemaak.

Die speellys was lank en goed gevarieer. Diegene wat ook op die dag uitgestaan het was Hemelbesem, Manouche, Churchil Naudé, Les Javan, The Rudimentals en Tribal Echo.

As jy ons Instagram-voer op die dag gemis het, hier is nog foto’s en video’s van 2017 se ATKV-Oesfees.

Volgende jaar is ons terug met ’n bus.

Dark Knight Mohawk

Manouche
Manouche

Churchil Naudé
Churchil Naudé

Akkedis
Akkedis

The Rudimentals
The Rudimentals
The Rudimentals
The Rudimentals
Radio Kalahari Orkes
Radio Kalahari Orkes
Radio Kalahari Orkes
Radio Kalahari Orkes
Fyndraai
Fyndraai
Respek en Eiers
Respek en Eiers

Roekeloos op Instagram

Lewer kommentaar

Leave a Reply