Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.

Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel gebaseer op Vivaldi se Vier seisoene.

Elke segment raak aan ’n besondere Karoo-seisoen. Dit is dié werk se debuutuitvoering. De Villiers het die musiek gekomponeer en die internasionaalbekende skrywer Deon Meyer het gehelp met die teks.

Bykomend is Meyer se fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep. Meyer is een van die suksesvolste skrywers in sy genre ter
wêreld, maar ook ’n fotograaf van gehalte.

* Debuut *

Met: Coenie de Villiers, Deon Meyer, Jaconell Mouton (klavier), David Klassen (perkussie) en Mauritz Lotz (kitare)

Regie en musiek: Coenie de Villiers

Teks en projeksies: Coenie de Villiers en Deon Meyer
Musiekregie: Jaconell Mouton
Produksiehuis: CDV Market Ideation


Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R140
Plek: Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
Datum: 8 April 14:00; 9 April 19:00

KKNK 2017


Karoo Suite

Karoo Suite


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar