Onthou

Met splinternuwe liedjies uit die pen van Stef Kruger, André M en Jaco Barnard, is die agtienjarige Carina Renz se musiek ‘n briesie wat vanuit die Oos-Kaap waai.

Vanuit Kirkwood, om presies te wees. Carina Renz het ‘n sprankel in haar stem wat mens lus maak om verder te luister. Haar musiek bevat boodskappe wat dieper lê as net blote woorde en aan die anderkant sing sy opgewekte melodieë.

Carina slaag ook daarin om met nuutverwerkte bekende melodieë soos “Dixieland”, “Ek sal jou nooit vergeet nie”, “Don’t cry for me Argentina” en “Come what may” ‘n nuwe raktyd aan hierdie liedjies te gee.

Haar debuutalbum, Onthou, is een wat dalk nog opslae in die musiekbedryf sal maak. Sy wys hiermee dat sy ernstig is oor haar sangloopbaan en gekom het om te bly.

Onthou - Carina Renz
Onthou - Carina Renz

Lewer kommentaar

Leave a Reply