Payable On Death

Payable On Death (P.O.D.) is ’n Amerikaanse metal band wat reeds vanaf 1992 aan die gang is.

Die groep bestaan uit die sanger Sonny Sandoval, dromspeler Wuv Bernardo, kitaarspeler Marcos Curiel en baskitaarspeler Traa Daniels.

P.O.D. het sewe albums onder die belt, met verkope van meer as 10 miljoen wêreldwyd. Voeg hierby drie Grammy-nominasies, musiek op ’n hele aantal klankbane, vier nommer een plekke op MTV en verskeie wêreldtoere.

Die klankbane sluit onder andere in Lara Croft – Tomb Raider, A Man Apart, Any Given Sunday en Biker Boyz.

Sukses het eers gekom met hul derde album in 2000, The Fundamental Elements of Southtown, wat platinumstatus behaal het. Die daaropvolgende Satellite het drievoudige platinumstatus behaal met die treffers “Alive” en “Youth of the Nation”.

P.O.D. is tans besig met hul agste album onder leiding van die bekende vervaardiger Howard Benson. Daarna volg ’n internasionale toer, wat onder andere Suid-Afrika insluit.

Payable On Death

Die groep sal in Johannesburg, Kaapstad en Durban optree in Julie vanjaar. Die Russiese groep The SLoT sal P.O.D. vergesel in Suid-Afrika.

Vir meer inligting oor beide bands, besoek: www.payableondeath.com en www.slot.ru

Datums:
14 Julie 2011, KIKS, Kaapstad
15 Julie 2011, Sandton Konferensiesentrum, Johannesburg
16 Julie 2011, Durban Arena, Durban

Lewer kommentaar

Leave a Reply