Pietman Geldenhuys is meer as net die mede-aanbieder en storieverteller soos gesien op Kyknet se Oppiestoep. Hy is ook ‘n liedjieskrywer en sanger in eie reg. Iewers skuil daar ook die Skotse persona wat mense bekoor het met sy weergawes van die Skotse liede “Flower of Scotland” en “Loch Lomond”.
Hy het ook skreeusnaakse stories (uit volksbesit en eie ervarings), improvisasie van bekende Suid-Afrikaanse karakters (Tolla van der Merwe, Nico Nel, Arno van Zyl, ens) en ook liedjies wat hy op die ingewing van die oomblik net daar voor die gehoor se oë komponeer en toonset, met gebruik van die gehoor se voorstelle en woorde. Die manier waarop Pietman op sy voete dink en die gehoor oorrompel met sy spitsvondighede maak hom eie in sy soort. Hy het dit reggekry om ’n balans te vind tussen ligte humor, skaterlag vermaak, geliefde liedjies en die erns in sy eie musiek.
Hierdie beloof om ’n lekker show te wees met hierdie uitsonderlike musikante:
Pietman Geldenhuys, Schalk Joubert op baskitaar en Mauritz Lotz op kitaar.
20 Desember om 20h30 by Die Boer teater restaurant in Durbanville.
Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911.
