Kom geniet ’n heerlike Sondagmiddag-vertoning saam met Ryno Velvet, wanneer hy Die Boer se verhoog oorneem vir ’n onvergeetlike ervaring vol musiek en stories.
In hierdie spesiale vertoning neem Ryno jou op ’n reis deur die musiek en stories wat sy loopbaan kenmerk. Staaltjies word gedeel wat jou sal laat skaterlag – eerlik, rou en eg uit die hart.
As jy dink jy het alles gesien… wag tot jy hom sien musiek maak op sy omgekeerde kitaar!
Moenie hierdie besondere Sondagmiddag op 19 April saam met Ryno Velvet misloop nie – dis musiek, dis stories, dis lag… dis “Regstreeks”
Sondagmiddag 19 April by Die Boer teater restaurant in Durbanville
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

