Rihanna foto – Chris Brown in die sop

‘n Foto, wat na bewering van die sangeres Rihanna geneem is nadat sy deur die popster Chris Brown aangerand is, is ‘n paar uur gelede op die Internet uitgelek.

TMZ.com het ‘n foto gepubliseer van die aangerande vrou met ‘n tatoeëering soortgelyk aan Rihanna. Die foto toon duidelik dat sy erg aangerand is. Rihanna is ook glo tydens die aanranding só gewurg dat sy haar bewussyn verloor het.

Die het glo begin toe hulle by ‘n pre-Grammy-partytjie weg is en Rihanna vir Chris beskuldig het dat hy met ‘n ander vrou geflankeer het. Die sangeres het glo die sleutels van Brown se Lamborghini gegryp en by die venster uitgegooi toe. Kort hierna is sy na bewering met die dood gedreig en aangerand.

Chris Brown is aanvanklik aangekla vir die dreigemente teen Rihanna en op borgtog vrygelaat. Indien hy skuldig bevind word hieraan kan hy tot nege jaar agter tralies deurbring. Daar is ook op daardie stadium begin met ‘n ondersoek van gesinsgeweld.

Rihanna 

Rihanna

Die polisie is Los Angeles het ‘n ondersoek geloods na wie die foto gelek het, wat ‘n aanduiding is dat die foto eg is.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar