Rooiblom, die dinamiese duo wat bestaan uit die bekroonde sangeres, Nadine Blom, asook die veelsydige kitaarspeler en sanger Die Rooiwynprofeet, beloof om met die akoestiese klanke van kitare tesame met ‘n duet van stemme so uiteenlopend soos heuning en Whisky.
Nadine Blom het regoor Suid-Afrika bekendheid verwerf vir haar vurige rooikop, warm verhoogpersoonlikheid en fluweelstem. Sy het twee SAMA Toekennings (South African Music Awards), ‘n Ghoema toekenning, Bokkie toekenning en Flam Toekenning verwerf vir haar bydrae tot die Suid Afrikaanse musiekbedryf en goue status verwerf met etlike vrystellings.

Die Rooiwynprofeet, oftewel Michael Jonker, is ‘n sanger en liedjieskrywer van, ondermeer liedjies soos “Briewe” en “Die Besem” welke beide al groot sukses behaal het. “Die Besem” het, onder andere, Bok Radio 98.9fm se Top 30 gehaal, waar dit vir etlike weke in die Nommer 1 posisie was. Die Rooiwynprofeet, met sy hipnotiese rasperstem is al genooi om op te tree by die KKNK, Kuier op die Gras en het al ‘n hele paar uitverkoopte vertonings gehad by Heroes Restaurant in Kaapstad. Hy is in 2023 genooi om saam met van ons land se grootste kunstenaars te speel op die MSC Sinfonia, oftewel die BokRadio Bokboot 2023.

Rooiblom beloof om ‘n intieme vertoning te wees waar jy die geleentheid het om hierdie twee voortreflike kunstenaars beter te leer ken deur die betowerende klanke van hulle musiek.
Rooiblom by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 3 Oktober 2023 om 20h30.
Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
