Stellenbosch Craft Drinks Festival in die prentjiemooi Jan Marais Natuurreservaat in Stellenbosch is een van die gesellige hoogtepunte van die jaar in die Boland. Die hekke maak op Saterdag 7 Oktober 11h00 oop en die dag beloof om vir ieder en elk wat bywoon die gewildste craft (handwerk) biere en drankies, asook `n verskeidenheid kosstalletjies te bied, dáárby saam sal musiek uit die boonste rakke sorg dat feesgangers heeldag vermaak by hul SCDF ervaring kan geniet. Die verrigtinge eindig teen 19h00, net so wanneer die son oor die lieflike Stellenbosch berg ondergaan.
SCBF organiseerder Dirkie van der Merwe, vertel dat hulle uitsien daarna om vanjaar die fees weer te kan aanbied: “Dit raak nou al `n tradisie. Ons doen baie moeite met die fees om seker te maak dat almal `n fantastiese dag met net die heel beste brouerye onder die 200-jaar oue dennebome in die park sal geniet. Ons skep ook `n platform vir innoverende en opwindende nuwe handelsmerke om hul spesiale drankies soos oa jenewer, likeur, rum ensovoorts aan te bied. Daar sal ook `n nie-alkoholiese kelkiekroeg aangebied word met `n verskeidenheid vars sap-gebaseerde drankies. Van der Merwe sê: “Daar is iets van alles! Die SCDF-ervaring is geskik vir die hele gesin.”
Kunstenaars wat vanjaar by SCDF optree sluit in The Gingers, IgniteZA, Van Der Aven, Conquerors en Yndian Mynah. Verwag `n lekker mengsel van klanke soos Afrikaans alternatief, Reggae en Jazz. Kinders onder 12 jaar kry gratis toegang tot die fees en vir hulle is daar `n lekker speelarea. Stalletjiehouers sal ook kompetisies hou en pryse weggee.
Die Musiekprogram lyk so
13h00: The Gingers
14h00: IgniteZA
15h00: Conquerors.
16h00: Van Der Aven.
17h00: Yndian Mynah
Kyk onder andere uit vir die volgende heerlike opsies: 9 Orphan’s Distillery – Turksvy Gin & Eikesap Gin (geinspireer deur die Eikestad en bevat oa regte akkers.); Rocco Torro – Agave Spirits gee gratis Rocco Torro minis aan almal wat in 2023 21 jaar oud geword het. Bring ID); Pot & Scot, soos hulle in Engels sê: “the new beer and cider kid on the block.” Nie-alkoholiese opsies sluit in: Mahala Botanicals, Everson’s Cider, Dragon Ginger en vele meer. Kaartjies by Quicket: https://qkt.io/w2CZ80
