S3T

S3T
Roekeloos
3 Junie


Die akoestiese folk groep Mr Cat & the Jackal se derde album word hierdie maand vrygestel.

Dit het amper drie jaar geneem om die album klaar te maak, by drie verskillende ateljees. S3T verwys na die album se drie temas. Die temas is die liefde, berou en verdoeming.

Die groep gebruik net musiekinstrumente, geen nagemaakte klanke nie. Die klanke wat wel vreemd mag klink is vreemde musiekinstrumente, waarvan sommige deur die groep self gemaak is.

Aanhangers sal nie teleurgestel wees met die inhoud nie, wat slim vermeng word met die groep se eiesoortige humor.

Kapenaars kan 19 Junie by Die Boer in Durbanville gaan luister na die nuwe musiek.
Kaartjies kos R100.
Bespreek by 021 979 1911.

Mr Cat & The Jackal
Mr Cat & The Jackal

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply