Roekeloos
3 Junie
Dramaturg Howard Barker is lank reeds gebrandmerk as vyand van al wat liberaal en Brits is. Die aanvoerder van radikale teater wêreldwyd.
Slowly is een van sy bekendste stukke, met ’n fassinerende uitgangspunt. Terwyl ’n klomp barbare die paleis van ’n vervalle kultuur bestorm, debatteer vier prinsesse oor hul lot. Decorum vereis dat hulle selfmoord pleeg, maar die lewe stel sy saak net te goed.
Barker se toneelstukke is emosioneel gelaai, intellektueel stimulerend en ver verwyder van konvensionele teater. Ryk taalgebruik, uitdagende idees en verbeeldingryke komedie is kenmerkend van sy werk. Omdat hy die idee verwerp dat ’n gehoor ’n enkele reaksie moet hê op wat op die verhoog gebeur, probeer hy reaksies skei en elke lid gehoor forseer om die werk alleen te interpreteer.
Met: Chi Mhende, Faniswa Yisa, Gahlia Phillips, Jennifer Steyn
Regie: Geoffrey Hyland
Stelontwerp: Geoffrey Hyland & Nicolas Mayer
Kostuumontwerp: Leigh Bishop
Beligting: Luke Ellenbogen
Vervaardiger: Brian Heydenrych
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Plek: Victoria-teater, Grahamstad
Datum: 11 Julie 14h00 & 20h00, 12 Julie 14h00 & 20h00, 13 Julie 14h00
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R 65