Roekeloos
4 Junie
Mozart is die deurlopende tema en word soos ’n goue draad deur die verskillende dissiplines verweef.
Met die aankoms by die pragtige gastehuis La Villa Vita word feesgangers op ’n glasie sjerrie trakteer terwyl die lede van die Hoërskool Waterkloof se konsertorkes op dwarsfluit, alt saksofoon, tjello en klavier die regte atmosfeer skep vir die besondere konsert wat gaan plaasvind.
Tenoor Hardus Hartzenberg is die samesteller en seremoniemeester van die aand en gaan self ook ’n paar liedere sing.
Zanne Stapelberg en Niël Rademan is spesiaal uit die Kaap ingevoer om deel te wees van hierdie produksie. Met sjarme, styl en superstemme beloof hul om jou met Mozart te betower soos nog nooit van te vore nie. Hulle gaan begelei word deur die talentvolle klassieke begeleier, Elna van der Merwe.
Met kragtige vokale musiek span Louis Loock en Corlea Botha kragte saam om aan hierdie konsert ook ’n ligter kant te bring. Elkeen gaan van hulle eie treffers soos “Sonvanger” en “Solo Con Te” sing. Die groot verrassing is egter die duette. Die bekende “The Prayer” sal deel vorm van hierdie program wat beslis die hartsnare sal roer.
Die formidabele duo, Magdalena de Vries en Anneke Lamont, gaan ’n program aanbied wat die magiese marimba ten toon stel. Omdat die marimba so ’n veeldoelige en veelsydige instrument is, kan daar byna enige musiekstyl daarmee bespeel word. Die repertorium bestaan uit werke deur Ney Rosauro en Paul Creston wat oorspronklik vir marimba gekomponeer is, maar daar gaan ook werke van Mozart soos Adagio, Laudate Dominum en Alleluia gehoor word. Met Magda de Vries op die marimba en Anneke Lamont op klavier, beloof hierdie ’n besondere vertolking te wees.
Verwag vuurwerke, stemtoertjies en bowenal die mooiste vokale musiek. Dit beloof om ’n blywende indruk te laat.
Neem asseblief kennis dat feesgangers self na die venue moet ry. Volg die borde vanuit Van Wykstraat.
Met: Zanne Stapelberg, Niel Rademan, Elna van der Merwe, Louis Loock, Corlea Botha, Magdalena de Vries en Anneke Lamont, Hardus Hartzenberg en Hoërskool Waterkloof se konsertorkes
Genre: Klassieke Musiek
Ouderdomsbeperking: Gesin
Datum en tyd: Wo 2 Julie 14:00, Do 3 Julie 10:00, Vr 4 Julie 10:00, Sa 5 Julie 10:00 en 14:00
Venue: La Villa Vita, Nelspruit
Tydsduur: 120 minute
Prys: R 122