Sheraaz

Sheraaz is ‘n vyfstuk musiekgroep wat gevorm is in 2012 deur Herman Steyn (vroeër van DNA Strings). Die groep se klank is ‘n kombinasie van verskillende lande se musikale-style soos Afrika, Spaans, Italiaans, Iers, Skots, Midde Ooste en Hawian. Hulle musiek wissel van klassiek, flamenco, jazz, pop, folk tot rock musiek.

Die groep was al verskeie kere in die media en het verskynings gehad op Kyknet se Jukebox, asook ‘n optrede en onderhoud op Kyknet se Kwêla om die groep se eerste vollengte album The Traveller bekend te stel. The Traveller was ook genomineer vir Beste Instrumentale Album gedurende die 2014 Ghoema-toekenings.

Hulle is vir die eerste keer in die Paarl by die Ou Meulteater op Vrydag 29 Mei 2015 om 20h00.

Kaartjies: R 100
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Sheraaz
Sheraaz

Lewer kommentaar

Leave a Reply