Sanger-liedjieskrywer Lize Beekman kom na Die Boer in Durbanville toe met haar vertoning Sit ’n bietjie langs my. Haar musiek loopbaan strek oor 28 jaar en soos altyd beloof haar vertoning ’n belewenis van sielvolle musiek en lirieke wat haar gehore diep raak. Skuif gerus nader, kom sit ’n bietjie langs haar, en gee jouself oor aan ’n intieme musiek-ervaring en van die mooiste lirieke in ons Afrikaanse taal.

Op Saterdag 1 Maart (20h30) en Sondagmiddag 2 Maart (14h00) by Die Boer teater restaurant in Durbanville. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lize Beekman
Lize Beekman

Lewer kommentaar

Leave a Reply