Ouma ref al steeds die mouter en is Maart en April op en af deur die land …
Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ʼn formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.
Ouma is op pad is in Maart en April hier te sien:
Sondag 2 MAART om 15h00 CENTURION TEATER – Quicket
5 (20h30), 9 MAART (Sondagmiddag om 14h00) DIE BOER TEATR- Durbanville- 021 979 1911/ www.dieboer.com
6 MAART 18h00 vir 18h30 The Audrium, Laborie Wynlangoed, Paarl https://wa.me/15557082078?text=Hi
8 MAART 09h00 vir 9h30- Vroueoggend, Leipoldtville, Kaartjies te koop by Elsabe Carstens 083 225 6536 NGK Leipoldtville kerksaal
12 APRIL om 19h00 KunsteGrot Kunste, Thabazimbi, Bespreek by rivo@kunstegrot.co.za of 083 744 8559
16 APRIL 15h00 AfriForum Teater, Pretoria, Bespreek by www.afriforumteater.co.za 19h00 AfriForum Teater, Pretoria
Met: Margit Meyer-Rödenbeck & Coenraad Rall (klavier)
Teks/Lirieke en Regie: Jurgen Human

