Geniet ‘n aand by die Slow Food Mark van die Oude Libertas Amfiteater.
Sommige van die land se mees talentvolles span op hierdie aand kragte saam om iets van die
mededeelsaamheid van die kersgety, aan die gemeenskap van Stellenbosch terug te gee. Die musikante bespeel hulle instrumente hartstogtelik en die resultaat is ‘n aand van gratis vermaak oor ‘n wye spekrtum van genres wat wissel van rock, ballades tot gesofistikeerde klanke wat die hartsnare sal roer en voete sal laat wikkel.
Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch
2 Desember
Prys: GRATIS
Tyd: 18h00 – 21h00
