Op Jeugdag, 16 Junie, lewer Valiant Swart ‘n solo-vertoning by Die Boer Teater Restaurant in Durbanville.

Konsertgangers kan uitsien na al Valiant se gewildste liedjies en stories, en ook ‘n paar splinternuwe nommers, bestem vir die opname van ‘n nuwe album later vanjaar; daar is ook vertellinge oor onlangse reise deur Frankryk en Swede. Die intense persoonlike reis waardeur hy en sy vrou en gesin vanjaar is, kom ook aan die bod; ‘n verhaal van welwillendheid en deursettingsvermoë – en liefde. Luister na Sonvanger en Eyeshadow en Die Mystic Boer, boeremusiek en blues, en die kostelike stories en staaltjies wat van Valiant Swart oor meer as drie dekades ‘n immergroen gunsteling op die verhoog gemaak het.

Die vertoning begin om 20:30 en die kaartjies kos R165, beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Valiant Swart
Valiant Swart

Lewer kommentaar

Leave a Reply