Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr is gisternag in die Johannesburgse hospitaal opgeneem vir noodbehandeling.
Sy een been het die afgelope tyd onverklaarbaar geswel en hy is gister dringend hospitaal toe nadat hy gediagnoseer is met diepslagaartrombose. ‘n Bloedklont sit in sy beenslagaar vas. Indien dit nie opgelos word nie kan dit met die bloedstroom na sy hart en longe beweeg en kan hy binne minute sterf.
Hy word tans behandel. Volgens bronne word hy bygestaan deur sy vervreemde vrou Natasha Sutherland.
