Die vonke spat behoorlik wanneer die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Brandon Miles sy splinternuwe enkelsnit “Stoppit Ek Like It” bekendstel. Hierdie energieke partytjie-treffer is gemaak om die dansvloere te vul en braaivure tot in die vroeë oggendure aan die brand te hou.
Met sy kenmerkende kombinasie van humor, romanse en daardie aansteeklike naweek-vibe, skep Brandon ’n lied wat jou onmiddellik in ’n goeie bui plaas. Van die eerste kitaar-aanslag af is dit duidelik – dis ’n song wat luisteraars laat glimlag, voete laat jeuk en harte vinniger laat klop.

