’n Intieme aand met Francois van Coke met akoestiese vertolkings van sy gewildste treffers en die stories waaruit hierdie liedjies gebore is.
Francois word ondersteun deur Die Gevaar-kitaarspeler Richard Onraet. Francois gaan liedjies uitvoer wat strek oor sy 19 jaar as voorsanger van Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en as solokunstenaar.
Tussendeur sal hy agtergrondverhale vertel van gewilde treffers soos Toe Vind Ek Jou, Komma, Ek Skyn (Heilig) en Tot Die Son Uitkom.
The Barnyard Theatre, Tygervallei, 12 Augustus 2022