Die YouTube-sensasie en deelnemer van Britain’s Got Talent, Susan Boyle, het moontlik groter probleme as haar haarstyl. Dit het begin buite die Wembley Plaza Hotel in Londen waar Boyle na bewering op twee joernaliste gevloek het. ‘n Paar minute later het Susan Boyle glo weer ontplof, die keer in die kroeg toe ‘n beoordelaar op Britain’s Got Talent vir die 12-jarige Shaheen Jafargholi ‘n kompliment gegee het. Boyle het blykbaar tekens vir die TV gewys en geskree “f*** off” voor sy uitgestorm het.
Meeste mense skryf Boyle se uitbarsting toe aan die naderende finaal van Britain’s Got Talent, terwyl ander net daarop wys dat sy haar soos ‘n ware Skot gedra.
Die finaal van Britain’s Got Talent is eerskomende Saterdag.