Cutt Glas Alles van die beste

Cutt Glas is 20. Nee, dis nie die hoeveelheid lede in die groep nie, ook nie hul gewig of hul IK nie. Hulle is 20 jaar oud, wat beteken dat hulle al jare lank gehore laat skater en na hul asems snak met hul skerpsinnigheid en eiesoortige medleys.

Cutt Glas se Afrikaanse TV-debuut was op Spies en Plessis toe dames nog mini’s en skouerkussinkies gedra het. Hulle is nie net Suid-Afrika se eerste professionele vroue a capella-groep nie, maar is ook in 1998 aangewys as ons eerste Kulturele Ambassadeurs. Om hierdie mylpaal te vier, span die groep nou kragte saam met twee van hul vorige lede, Shireen Hollier en Jolette Odendaal.

Alles van die beste bevat gehoorgunstelinge, met nuwe kommentaar, wat jy nie moet misloop nie. Kom wees deel van hierdie geskiedkundige gebeurtenis en ja, bring jou sakdoek … om die lagtrane af te droog.

innibos 2009

Cut glas Alles van die besteMet Karen Meiring, Bondina Osterhoff, Karen Wessels, Rozelle Blackie, Mabet van Wyk en gaskunstenaars Shireen Hollier en Jolette Odendaal
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr 3 Jul 10:00, Sa 4 Jul 10:00
Venue: NG Moedergemeente Kerksaal
Tydsduur: 60 min
Prys: R87

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar