’n Unieke geleentheid om die skoonheid van die Schloss Schönbrunn-orkes van Wene, Oostenryk, te ervaar. Nege lede van die kamerorkes, waaronder die Suid Afrikaanse violis Amora de Swardt, sal saam met ’n sopraan optree. Hul toer in Suider-Afrika is deel van ’n opwindende musikale reis ten bate van Fire Island Conservation se projekte om kwesbare diere te bewaar. Hulle repertorium fokus op werke van Joseph Haydn, Franz Schubert en W.A. Mozart en bied ’n sleutelaspek van die oeuvre van die Strauss-familie en ander Weense komponiste uit daardie era, waaronder Suppé, Millöcker, Zeller, Lehar en Kalman.
MET Nege lede van die Schloss Schönbrunn Orchester van Wenen, Oostenryk VERHOOGBESTUURDER Peter Hosek VERVAARDIGER Schloss Schönbrunn Orchester
KKNK
Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
1 April 2023, 17:00 2 April 2023, 10:00

