Broer Matie is ‘n Afrikaanse rolprent wat op 20 Julie 1984 vrygestel is. Dit is regisseur Jans Rautenbach se laaste rolprent. Die fliek speel in die Klein Karoo af en die tonele buite die kerk is in De Rust geskiet. Die tonele binne die kerk is meer as 1 000 km verder in die kerkgebou van NG gemeente Boksburg verfilm.