Dis 1938. Met die Depressie sukkel mense om te oorleef. ’n Teatergeselskap onder die leiding van die befaamde akteur Dante du Pré bevind hulle in ’n klein dorpie in die hoop om ’n bietjie verligting te bring met ’n opvoering en sodoende ook die baie leë geldkoffer weer ’n bietjie aan te vul. Maar een van die spelers, die jong Abel, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer, Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Dan daag Anna op met ’n mandjie vol kos en die verhongerde geselskap moet begin kies tussen oorlewing en verraad, idealisme en realiteit.

Hierdie bittersoet komedie uit die pen van die magiese Reza de Wet is nog steeds net so vars en in gesprek met ons huidige realiteit ná Covid-19 en ’n steeds tuimelende ekonomie.

MET Dawid Minnaar, Brümilda van Rensburg, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis TEKS Reza de Wet REGIE Marthinus Basson BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Philip Theron VERVAARDIGER KKNK

1 April 2023, 14:00 2 April 2023, 17:00 3 April 2023, 09:30 5 April 2023, 09:30 6 April 2023, 18:00 7 April 2023, 18:30 8 April 2023, 14:00

Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn

Mirakel dawid minnaar brumilda van rensburg
Mirakel

Lewer kommentaar

Leave a Reply