“Ken jy Tant Mossie se Acid House Remix?” Ken jy Toast Coetzer se digkuns en die meeslepende klanke van The Buckfever Underground? Laasgenoemde was my rede om hand in die lug te steek toe hul nuwe CD, Teaching Afrikaans as a Foreign Language (TAFL), hier aangeland het.
The Buckfever Underground se musiek is doelbewus onafgepoets, eerlik, met skerpsnydende lirieke. Dit verg aandag van jou intellektuele sy. Dit weier om net nog ‘n plek op ‘n speellys in te neem.
Op TAFL eksperimenteer hulle met … musiekinstrumente! Daar is selfs ‘n nommertjie, “Oom Willem strikes back”, wat jou voete laat jeuk en kan oortuig dat jy nie altyd met ‘n intellektuele oor hoef te luister nie.
Ongelukkig help dit nie ek prys die nuwe CD met blye galme nie, want jy gaan dit (dalk) net hoor op ‘n obskure program op SAFM, RSG en dalk 5FM. Die feit bly egter staan dat daar is niks om die eentonigheid van ‘n middelklas-bestaan te breek soos ‘n cd van The Buckfever Underground nie.
So maak mens tog as jy onbeskroomd wil dig en speel.
“Bier en vryheid!”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
