‘n Demo van Loki’s Realm is onlangs in my hand gestop deur een van die band se lede. Dit het twee snitte bevat, “Plastic Dreams” en “I Feel”.
Idols-aanhangers sal nie aanklank vind by die musiek nie. Die kitare word pak gegee en die opruiende klanke het ‘n amper gotiese eggo (hoofsanger Phil se stem?), terwyl die baskitaar ondeund sy klank hier en daar uitstoot.
Dis nie musiek vir die sensitiewe siele nie, maar die groep het beslis ‘n klank beet wat hulle kan vestig in hoofstroommusiek.
Loki´s Realm bestaan uit Phil, Devlin, Brad & Justin.
Ek hoop ons sien vanjaar ‘n cd van die ouens in die winkel.
