Tessa speel reeds vanaf ouderdom nege die kitaar en is vandag ewe vertroud met die ses- en klassieke 10-snaar kitaar. Sy word die eerste Suid-Afrikaanse matriekstudent met een van die ingewikkeldste instrumente as vak. Ziegler is bekend as solo-kunstenaar maar ook vir die duette saam met ‘n vorige kitaar vennoot David Hewitt. Sy het saam met die Britse groep The Hollies tydens hulle Suid-Afrikaanse toer opgetree asook saam die Nasionale Simfonie Orkes met Luciano Pavarotti se eerste besoek aan die land.Tessa se loopbaan (en plaatopnames) strek oor meer as 20 jaar en sluit in sowat agt solo CD´s waaronder Late Afternoon at the Road Café, With Love en Classical. Albei die albums saam met Hewitt is benoem vir ‘n Sarie. Time of my Life en Another Side Of Me is albei genomineer vir die OKTV toekenning. Optredes sluit in die Des en Dawn Soirees, die Klassieke Kitaar Vereniging van Suid-Afrika, die ou Naruk, die Grahamstadse Kunstefees en radio en televisie optredes. Ziegler word reeds vir jare assosieer met klassieke kitaar waarmee sy ‘n niche vir haarself geskep het. Leermeesters sluit in Fritz Buss en die Spaanse kitaris Narciso Yepes (skepper van die moderne 10-snaar kitaar. Yepes het ‘n groot invloed op Ziegler se musikale ontwikkeling gehad en sy hervat van tyd tot tyd studies by dié Spaanse meester.)
