Thin Shoes In June

Felix Laband se jongste album is getiteld Thin Shoes In June.

Laband is deel van ‘n talentvolle nuwe generasie kunstenaars vir wie elektroniese en rekenaargebaseerde musiek tweede natuur is. Sy talent kom duidelik na vore op sy nuwe album wat hy as ‘n doek gebruik om lewensgetroue elektroniese sketse op te maak.

Die tempo op Thin Shoes In June stap rustig voort. Hier en daar tel dit op en raak plek plek vermeng met vreemde klanke, maar jy onlosmaaklik bewus van die floating tank-omgewing wat Laband handig om jou weef.

Thin Shoes In June sal ongelukkig in die hoofstroom as ‘n verworpeling behandel word deur die slaafse aanhangers van die Britney’s en kie, maar vir diegene wat hul ore met kwaliteit wil vul of net ‘n blik wil hê op ‘n musikale kunswerk is die cd meer as die geld werd.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply