Hoopstraat

Loop saam met Leah Killian deur Hoopstraat. Die enigste straat in Graaff-Reinett wat nie geteer is nie. Daar is baie dinge waarvan daar min is, maar net so baie waarvan daar ‘n oorvloed is.

Hoopstraat loop oor van kleurvolle karakters. Ontmoet vir Knopknie Hendrikkie, wat op sy agste verjaarsdag die toekoms voor hom oop sien lê. En pasop vir Ant Dirkie met haar rooi bakkie, wat nog nie heeltemal die kuns van die flikkerlig bemeester het nie.

Hoopstraat is ‘n lag-en-huil kabaret, ‘n laslappie van gewone mense se stories. Die verhale is saamgekoeksuster met oorspronklike musiek en ou bekende liedjies.

Leah het die teks baseer op regte mense uit haar kinderdae, en sy bring hulde aan die karakters met eerliheid en deernis. Raymond Verster rond die prentjie af met sy hormoniëe en vernuf op die klavier.

Nana Stapelberg behartig die regie, “Dit was ‘n wonderlike ondervinding om weer die kans te kry om net ‘n storie te vertel. Een met baie lae en tekstuur wat reguit praat en diep in jou hart val, sonder enige tierlantyntjies”

Lewer kommentaar

Leave a Reply