The Cat in the Hat

Met: Mike Myers, Alec Baldwin & Kelly Preston
Regisseur: Bo Welch

Weet jy hoe moeilik dit gaan wees om te erken dat jy The Cat in the Hat gesien het?

Dit is die storie van ´n seuntjie wat te veel pret het, ´n dogtertjie wat te min pret het en ´n ma wat haar hande vol het met ´n haar kinders en ´n teertou. Die poppe begin dans wanneer dié kat op die toneel kom. Mike Myers is nie op sy beste as die kat nie, maar hy kan nie die skuld kry dat die film ´n flop is nie.

Die groot sondaar is die staccato-styl wat regisseur Bo Welch hier inspan. Dit is erg irriterend en laat die produksie amateuragtig en simpel lyk.

Indien jy die fliek moet gaan kyk moet jy onthou om jou brein by die huis te los.

5/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply