Met meer blaaie, meer statistieke, meer feite en meer rekords in die 32ste uitgawe van Suid-Afrikaanse Rugby se Jaarboek, en vir die eerste keer in kleur. Die bybel van rugby in Suid-Afrika het 64 blaaie meer en verskeie nuwe glanspunte. Vanjaar is die geboorte- en sterfdatums van 742 Springbokke ingesluit wat die land verteenwoordig het op die veld sedert 1891. Die gedeelte oor rekords is uitgebrei en rekords van die wêreldbeker is ook ingesluit.
Verder is daar persoonlike inligting van die 692 spelers wat eersterangse rugby gespeel het in 2002 asook alle besonderhede van elke eersterangse wedstryd wat in daardie jaar in Suid-Afrika gespeel is.
