’n Nostalgiese besoek aan bekende wysies en woorde wat die hart oor dekades al raak. Jannie Moolman raak vir ’n oomblik stil en dink terug aan musiek wat soos ’n goue draad die belangrikste en mooiste herinneringe in sy lewe aanmekaar weef. Herinneringe oor sy loopbaan, kinderdae en hartsmense is die bron waaruit ‘n weldeurdagte keuse van musiek gemaak word en wat die gehoor onwetend aanspoor om saam te neurie, of die foto’s uit hulle eie lewe in herinnering te roep. Natuurlik word goue gunstelinge soos Gé Korsten en Old Blue Eyes afgestof …
By Die Boer restaurant teater in Durbanville
Op Sondagmiddag 23 Julie om 14h00
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

