Theuns Jordaan se nuwe album Tjailatyd is tans een van die top verkopers in Suid-Afrika. Tjailatyd is Jordaan op sy beste. Hy skop af met lekker langarm skoffel nommertjies, maar dis met die stadiger melodieë wat sy moerkoffie stem jou hart laat krummel soos boerbeskuit. Luister uit vir die Steve Hofmeyr gedig Gesiggie wat Theuns ‘n wysie gegee het. Plesierige luister- en wikkelnommertjies waarmee jy die langpad kan vat!
