Valiant Swart, ‘n man met ‘n kitaar, ‘n storie en reeds meer as 20 albums op sy kerfstok, is een van die mees geliefde Afrikaanse musikante van sy tyd. Liedjies soos “Sonvanger” het deel geword van die Afrikaanse musikale kultuurskat en ‘n onuitwisbare spoor in mense se harte gelaat. Hy deurkruis al vir langer as dertig jaar die land met sy kitaar en stories – van intieme teaters tot groot fees-verhoe, van Oppikoppi tot oorsee – Valiant lewer elke keer ‘n vertoning wat gehore betower en telkemale laat terugkom.

Hierdie slag deel hy die verhoog met die veelsydige musikant Jake Gunn, en dit beloof om ‘n besonderse aand van onvergeetlike musiek, vermaak en kos uit die boonste rakke te wees.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op Saterdag 27 Junie om 20:30

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Valiant Swart
Valiant Swart


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply