Van lekker lag kom lekker huil

Van lekker lag kom lekker huil is Jak de Priester se nuutste musiekproduksie en sluit in 10 splinternuwe liedjies.

Dit is ’n show met komiese sketse oor ons land en sy mense en liedjies wat die wêreld waarin ons leef in perspektief plaas en so bietjie anders oor die dinge laat dink waarmee ons elke dag gekonfronteer word.

Jak de Priester stel ook sy splinternuwe pianis, Jacques de Villiers bekend.

Van lekker lag kom lekker huil is vanaf 17 tot 19 Februarie by Die Boer in Durbanville. Bespreek by 021 979 1911.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Jak de Priester
Jak de Priester

Lewer kommentaar

Leave a Reply